Agtergrond oor LAERSKOOL KENMARE
Laerskool Kenmare was in die sewentigerjare deel van Monument Primary, wat ‘n dubbelmedium skool was.
Daar was ‘n groot behoefte aan ‘n Afrikaanse laerskool en Laerskool Kenmare is gebou. Die skool is gebou op ‘n kleinhoewe met die naam, GRACE DIEU (GENADE VAN GOD), wat eens behoort het aan mnr Pieter Kleinloog, ‘n suksesvolle hoenderboer. Sy grond is in 1964 onteien en tien jaar later het die skool sy deure geopen met 400 leerders en 17 onderwysers. Dit was die begin van ‘n wegholsuksesverhaal en vandag is Laerskool Kenmare ‘n toonaangewende Laerskool aan die Wesrand.